Grond- en blaarontledings, monitering en bemestingsaanbevelings vir kommersiële boere in die Wes-Kaap.
Kontak onsVolledige grond-tot-oes konsultasie vir wingerd, sitrus, steenvrugte en groente.
Stelselmatige grondmonsters, laboratorium-ontleding en geokarteerde resultate per blok.
Blaarmonsters om voedingstatus tydens die groeiseisoen te monitor en reg te stel.
Presisie-kleurkaarte en bemestingsaanbevelings — kalk, gips, MgO en spoorelemente — per blok.
Aalwurm-monsters en -monitering om wortelgesondheid en opbrengs te beskerm.
Lokval-gebaseerde monitering van teiken-pesspesies met drempel-waarskuwings.
Bye-plasings en bestuiwingsbestuur vir optimale vrugset.
Aardvark is 'n presisielandbou-konsultasie wat kommersiële boere in die Wes-Kaap help om ingeligte besluite oor grond, voeding en gewasgesondheid te neem.
Ons werk van die monster in die veld tot die finale aanbeveling — met laboratorium-ontledings, geokarteerde kleurkaarte en praktiese bemestingsplanne wat boere direk kan toepas.
Ons bedien wingerd-, sitrus-, steenvrug- en groenteprodusente regoor die Wes-Kaap, met 'n fokus op die Breërivier- en omliggende landbougebiede.
Skakel ons vir grond- of blaarontledings, monitering of 'n bemestingsplan.